Alle inzendingen

80522 resultaten.

Sorteren op:

SKELMPIE ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
hoe roer jy my huis hoe bring jy onvrede as jy vir haar ruikers stuur wetende, ek is nie tuis hoe steur jy my huis hoe bring jy konflik as jy vir haar kom kuier die kat is weg, jy die muis my kinders hou daar niks nie van rep g'n woord oor nagmerries bang want jy is die mooi een, die ...

VANDAG... ( Taal: AFRIKAANS)

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
wil ek net, my doodgewoon, ek wees weg van skewebeelde van hoe mense met dieper geheime, na my kyk wil ek in myself wandel sonder vrees weg van die gejaag na roem, rykdom skulpies optel, na wulpse branders gryp wil ek in myself, van myself lees weg van mense wat veg oor grond liefde, mek...

ONZE JAN ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Sy dood het met die rooi in sy sakdoek gekom. Eers spikkeltjies bloed tot groter kolle sy familie en dokters roep. Ek, wasbediende, was lank van sy tuberkulose bewus, maar omdat hul mense was vanuit die hoogere hoed, moes ek my hulp in stilte blus. Díe siekte neem meer lewens as vig...

MUSIEK ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Musiek is vir my die rein en skoon in die seskant heuningsel. Die rein en skoon in die kleur van ons vel. Musiek is vir my die kristalhelder in die doudruppel wat daar hang. Musiek is vir my die kristalhelder in die Engele, hemelhoog, se sang.

DIE DOOIE HUIS ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Ons is doodmoeg vir mekaar. Twintig jaar bymekaar, eintlik, weg van mekaar. Ons beweeg maar so in die huis, so om en om, verby mekaar. ‘n Valse glimlag, ‘n valse soen, ‘n valse drukkie, ‘n valse doen. Die meubels sê : “ Eina ! dis seer ! ” Die kinders vind dit swaar, o...

VERPLETTER ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Soos 'n sigaretstompie in as doodgedruk, het ook jy, liefde uit my lewe geruk. Die middag _ toe ek jul vang knipmes lê. Jy in sy omhelsing verstik.

VERVREEMD ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Jy het my gegooi soos ‘n inkspatsel teen die muur, oor my geloop, my lewe versuur. Jy het my geslaan soos ‘n hamer spykers in ‘n muur, my liefde met growwe skoen deurgeskuur Oor jou het ek nagte omgehuil, grimering waaragter geswolle oë skuil, kon niemand daarbuite flous of ku...

KATSPIN (Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Miskien het jy vergeet, van die tye toe daar liefde was. Vergeet van die tye, toe jou asemstote gekatspin het, toe daar liefde was ware liefde in snikke,krete. Jy’s stil, so uitermate stil. Ek voel nie meer jou asem teen my ore, die uitgerekte vreugde sug, ‘n sug van volmaakte b...

JêMPOT ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Dankie, dat jy gekom het, deur reën, wind, sonder skoen. Dankie dat jy sonder moeite, so baie vir my doen. Dankie dat jy nou hier is, my ruimte egter nie binnedring. Dankie dat jy so verstandig is, gister tot nou, het ek jou só gemis. Skielik, handomkeer jy. In ‘n stilgraf word ...

LEUEN ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Dit gaan nie goed met my nie. Jy het my gedruk na ’n eensame hoekie op ’n eiland, waar ek helder oordag drogbeelde sien fladder in my geestesoog. Dit gaan nie goed met my nie, nie na jy my by jou wêreld ingetrek het, my getap het, misbruik het, ek maar net nog ’n voetstoeltjie in j...

GERAAMTES ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Ek dink ek ken jou, in jou aankoms in die verte. Ek dink ek ken jou, in jou wulpse heupwegstap. Ek dink ek ken jou, aan die jasmynreuk om jou. Ek dink ek ken jou, aan jou speelse skaterlag. Ek dink ek ken jou, aan die klank van jou stap. Ek dink ek ken jou, aan jou klere, altyd ...

DIE VALSE TRAAN ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Trane vloei so maklik wanneer ons hartseer is of bieg. Ja, trane ook van blydskap, maar trane kan soms lekker lieg!

DEKADENT ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Dekadensie vanuit Sodom en Gomorra is hier, in siel, aan lyf, oral rondom jou regoor die wêreld is rooiligareas besig om geld, uit beursies van Sodom te tap vir geldmakers is daar bittermin slaap waar beeldskone poppe in glaskaste eksplisiete kuisheid in hul liggaamspassie verleidelike oë,...

VERKRAG ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Die dag het moeg oor my kom sak, soos die see ontslae raak van haar siekte, wat sy uitspuug op die strand. Ek wil nie meer verder leef, ná al die vuil wat aan my kleef.

SPOELBLOED ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Spoelgoud. Spoelgrond. Spoelbloed, vloei deur taxi’s, Richmond, bus, trein, boot, vliegongelukke. Spoelbloed hardloop deur die knopkierie, assegaai, rewolwer, slagtersmesse, ysterstukke. Spoelbloed hardloop die heelal deur, waar liggame in massagrafte stink, toegegooi word met spoelgro...

DIE MISKYKMENSE ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Soos meerkatte hul mae warm staan na die son teen ’n rots in die woestyn, so staan of lê hul op hoeke, so staan of lê hul op kroegstoepe, so bedel hul op straat. Langs die spoorlyn. Geen land ter wêreld spring hul vry, van gelykes tot die ongelykes. Wanneer julle deur jul spogbuurte r...

DIE LIEFDE TUSSENIN ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Vandag huil my hart oor hulle wat bedel op straat. Almal wat in die winterkoue hitte soek op poskantoorstoep, waar hul ingemessel lê teen ’n vuilvod, voosgedrinkte maat.

HEROïEN ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Jy maak toe weer so. Nog ’n kindergraf in Alberton. Ek sien hoe kinders jou snuif van Kaapstad tot Meyerton. Ek sien hoe jy, doodsengel, bloed aan kosyne vryf, geen stand ontsien, kinders selfmoord, aan ’n tou verstrengel. Jy, magtige dwelm, onder dwelms, maak dit s...

DORRE LAND ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
hoe beskryf jy reën, as tien seisoene droë sand in jou kiewe waai het God vergeet van wesens wat kinders voed hoe beskryf jy groen, as dorre landskap jare lank geen vrugte baar het God vergeet van mense wat gebede na die hemel stuur die stam loop leeg so ook die wye natuur ek kan die...

HUNKERING ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
lê daar nog iewers op die vlakte eensaam, soos ‘n molshoop in die reën humusverrykte korrelnat donkergrond van jare gelede se seën ? is daar iewers nog ‘n groen gevoed deur wateraar, pompfontein waar kwepergeel en persturksvy skadu’s gooi teen ‘n rooi skemerduin ? staan daa...

TRONK ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Toe kom die tronk by almal aan huis. Yster word gebuig, gesweis vanuit die voorhuis, tot in die kombuis. Diefstal, geweld, misdaad, jaag almal agter tralies, wat steeds nie kan keer dat ’n kind verkrag word agter slot en grendel ’n hoë heining of koringgerfbalies.

PLAASARMOEDE ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Pa sal nie vir jou kan gee, 'n groot saal baie mense, gaste lang tafels met stoele vele, glinster dekorasies. Pa sal nie 'n "speech" kan maak op sjampanje glase nog minder sal Pa kan bekostig die monster met die oog die band wat rol die kliek-kliek van kameras. Sien, Pa het nie di...

DOKTERS SONDER GRENSE ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
So werk hul nagte deur die dokters van weleer. Probeer red elk bebloede diamant deur loopgrawe, deur brand in enige oorloggeteisterde vaderland.

MAMMON ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
die lekker geklingel van geld uit die slotmasjien, laat my vingerlekker brood eet met margarien. Dit was gister. Vandag het ek weer gaan dobbel, voer nou varkkos op boer se plaas, met ‘n skoffel.

ONGEDULD ( Taal : AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
met die winter is sy huis toe die somer brand hartseerdae in my ‘n herfsblaar val af-en-toe in my binneste die lente lê bitter ver, ek sien dit nie meer ek wens U kon haar gee langer, vir ‘n dag of twee_ as die werf om my stil word wil ek in haar winter lê weg van die somer, lente of h...

STUITIG ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Met die wegraak van die son. Die maan se instap oor die dag, wat die aand meer sienend maak, plons ons in ‘n bad vol liefde, poedelnaak.

KLANK VAN DIE BYL ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Die byl het gekom om te kloof. Dit wat ek in twee wil hê met geweld oop te maak. Die passie van krag wat deur beide arms vloei, die glans van sweet op my kaal bo-lyf, die klank van die byl roep jou, lok jou. Ek sien hoe jou oë dwaal, jy, skelm loer, skelm glimlag, in die glans...

OP HEIMWEE VAN DIE WIND ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Jy, langvlegsel meisie, met kitaar op skoot, vir wie die boodskap vanuit jou hart, terwyl lang vingers snare saggies stoot ? Jou speelse posisie van kitaar in skoot, na wie verlang jy, as jou note klink soos ‘n leë blik in kabbelende water, in ‘n sloot ? Jou lenige nek, wieg teen kita...

GEEN GROTER LIEFDE ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 1
Ek sprei my arms die lengte van ’n rivier. My bene, die wydte soos dié van ’n oseaan. Ek skreeu vir die wêreld : “ Ek lief jou, ” oor ’n bulderende, vuurspuwende, vulkaan.

SING VIR MY ( Taal: AFRIKAANS )

wisgedicht
Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 0
Sing vir my van die son. Van die lied wat deur my gaan. Van groot kraters op die maan. Die steppe roofvis, as jy kon. Sing vir my van plantvlotte waar paddas rustig slaap. Lui - lui kriekies hul vergaap aan fee - musiek op potte. Sing vir my van die koningsarend se tydlose geroep oor d...
Meer laden...